Inskrywings<strong><em>vorm</em></strong>

01 Keuring
Sodra ’n inskrywingsvorm met die nodige aanhangsels ons bereik het, sal ons telefonies met die voorgenome student ’n onderhoud reël. Onderhoude sal op spesifieke datums plaasvind. Die kandidaat sal na die onderhoud dadelik ingelig word of hy/sy gekeur is en sodra die deposito betaal is, is die student se plek gereserveer. Die sluitingsdatum is 30 November 2018, die dag waarop Kompas begin (Dieselfde dag as wat die eerste kwartaal van die skool begin), of sodra die maksimum aantal studente ingeskryf het. Skryf so gou as moontlik in om teleurstelling te voorkom.
02 Plasing
Kompas Centurion te Leerakademie Lekker Fm, Centurion; Kompas Kaap te NG Kerk Durbanville Bergsig
03 Bestuurspan
Hoof van Kompas -Centurion Nico Benade – 063 825 9959
Familiehoof – Kaap@Kompas Erika Venter – 076 148 8977
Administrasie Kantoor – 083 748 4219
04 Kostes en betaling van die kursus
Die kostes vir die jaar 2019 beloop R 30 000. Die halfjaar kostes beloop R 18 000. Die kostes sluit klasgelde, die kenmekaar kamp en ’n T-hemp vir die jaar in. Studente moet self spaar en geld vir die Avontuurkamp (R 4 400) en Winklespruit (R 3 900) insamel. Kompas projekte sal studente help om die geld in te samel.
Registrasiegelde van R 6 000 moet na afloop van die keuringsonderhoud betaal word of voor 30 November 2018 om ’n student se plek te verseker vir die Jaarprogram, en voor 12 Julie 2019 vir die Halfjaar program. Inskrywings na 30 November 2018 moet dadelik die registrasiegelde betaal. Inname sluit 11 Januarie 2019 of sodra die kursus vol is. Hierdie registrasiegelde is nie met kanselasie verhaalbaar nie. Die registrasiegelde moet met ’n oorspronklike getekende kontrak/vrywaringsvorm vergesel word. Die kontrak kan van ons webwerf afgelaai word. Verdere betalings vir die jaar moet voor of op die 3de van die maande Februarie tot Julie 2019 teen R 4 000 per maand geskied. (6 maande ter betaling van Jaarprogram) Vir die halfjaar program vereis ons R3 000 deposito voor30 Junie 2019 met R5 000 daarna oor 3 maande nl. Augustus tot Oktober 2019 (Halfjaar program).
Die maandelikse bedrae kan op een van die volgende maniere betaal word:
- Elektronies met voldoende verwysings en gepaardgaande e-pos van bewys van betaling;
- D.m.v. ‘n eenmalige betaling;
- Maandeliks per tjek/kontant. (6 maande maksimum – jaarprogram; 3 maande maksimum = halfjaar program)
05 Kompas beleid en reëls
Alle waardes in Kompas is op Bybelse beginsels, onwrikbare karakter en onkompromerende morele standaarde gebaseer. Enige immoralitiet, dronkenskap, dwelmgebruik of dergelike aktiwiteite tydens die kursus kan tot onmiddellike skorsing lei. Kompas ontwikkel jongmense wat ’n passie het om ’n pad met die Here te stap en hulle lewens uit te sorteer.
06 Bankbesonderhede
FNB
Rekeningnaam: Kompas Centurion (Pty) Ltd
Rekeningnommer: 62737447187
Takkode: 250655
Verwysing: Stedent se naam en van
07 Insrywingsvorm & Kontrak (pdf)
Laai die vorm af en stuur dit vir ons of voltooi die inskrywingsvorm hieronder.