Kry leiding van <strong><em>Kompas</em>
Vind <em><strong>jouself</strong></em>
OPEDAG
13 Oktober 2018
10:00
Te Leersentrum LekkerFM, Jeanlaan
(reg bokant Spur)
<em><strong>Gedagte</strong></em> vir die week
Gedagte vir die dag -God is ons bron van hoop – Neville Turley
Teks – Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees! Romeine 15:13
Boodskap – Jona het gedink die beste manier om God te ontwyk, is om weg te hardloop en sy wonde in Tarsis te gaan lek. Nie in sy wildste drome kon hy gedink het dat deur van God weg te hardloop hy lewendig in die see sou beland en deur ‘n groot vis ingesluk sou word nie.
Dit is nie iets wat jy vir jou grootste vyand sal toewens nie. En tog, die Bybel se boodskap is duidelik. Ongehoorsaamheid aan God laat ons in situasies beland waaruit slegs ons hemelse Vader ons kan red.
Slegte tye is onafskeidelik deel van ons daaglikse bestaan. Soms is dit nie eers jou skuld dat jy seergemaak word nie. Maar net soos God Jona nie in sy uur van nood verwerp het nie, sal Hy ons ook nie verwerp wanneer ons kwesbaar is nie.
In ons vers vir vandag, vertel Paulus ons van die hoop wat Christene in die krag van God, deur geloof in Jesus Christus, het. Hoe sterk die lewenstorme ook al is, ons moet vashou aan die Bron van hoop.
Die Here gee aan ons die krag om dit te doen. Ten spyte van ons swakheid en onverdienstelikheid, sal die Heilige Gees vir ons in alle omstandighede onderneem.
John Greenleaf Whittier (1809 – 1892) ‘n Amerikaanse digter en joernalis, skryf in sy gedig “The Eternal Goodness”:
“I walk with bare, hushed feet the ground, Ye trod with boldness shod, I dare not fix with mete and bound, The love and power of God.
Yet in the maddening maze of things, And tossed by storm and flood, To one fixed trust my spirit clings, I know that God is good.
I know not what the future hath Of marvel or surprise, Assured alone that life and death His mercy underlies.
And if my heart and flesh are weak, To bear an untried pain, The bruis’ed reed He will not break But strengthen and sustain”
Hierdie hoop is die anker van die lewe, dit is veilig en seker.
Gebed: Hemelse Vader, gee dat die Heilige Gees ons help om ons hoop in geloof te anker. In die Naam van Jesus. Amen
Matriek - Waarheen nou?
Is jou toekomsplanne aan die wankel?
Is jy onseker oor jou studies, jouself, jou jaar na matriek?
Kompas gee jou rigting en sekerheid oor jou toekoms. Ons jaar- en halfjaarprogram is net die ding vir jou. Skakel in en doen praktiese ervaring en kennis op oor verskeie van die beroepe waarin jy belangstel. “Job shadowing” is deel van ons program en help om jou gemoedsrus en sekerheid te gee sodat jy ingeligte besluite oor jou toekoms kan maak. Indien jy belang stel of meer inligting soek, voltooi asseblief die inskrywingsvorm. Jy kan ons ook direk kontak om ‘n persoonlike onderhoud te reël.
Graad 10 tot 12 leerders kan gratis registreer vir toegang tot ons oefenvraestelle, Gedagte vir die Dag en nuusbrief oor ons jeugbetrokkenheid en -uitreike. Kampe, uitstappies, dienslewering by veskeie organisasies, veldflieke en lofprysingsaande is net ‘n paar van ons aktiwiteite waarby jy kan inskakel. (Meer inligting hieroor in ons nuusbriewe.) Lees gerus ons Gedagte vir die Dag vir gemoedsrus en geestelike sekerheid.

<strong><em>Kompas</em></strong> leiding

<strong><em>Kompas</em></strong> ondersteun

Kompas groei
